Desember-moorde

Monument op Fort Zeelandia, op 8 Desember 2009 deur president Ronald Venetiaan onthul.

Die Desember-moorde in Suriname, wat op 8 Desember 1982 plaasgevind het, word beskou as 'n keerpunt in die geskiedenis van Suriname. 'n Derde van die Surinaamse bevolking het hierna na Nederland gevlug en vorm tans 'n belangrike minderheid in die Nederlandse samelewing. Gedurende die Desember-moorde is 15 joernaliste, akademici en arbeidsleiers wat teen die militêre bewind in Suriname gekant was in Paramaribo vermoor. Die militêre bewind het agterna laat blyk dat die oorledenes doodgeskiet is terwyl hulle van die owerhede gevlug het, maar die omstandighede is nie heeltemal duidelik nie.

Die Desember-moorde het tot internasionale protes teen die regering van Dési Bouterse gelei en Nederland, die voormalige koloniale moondheid, het ontwikkelingshulp gestaak. Niemand is ooit voor die hof gedaag oor die moorde nie, selfs nie nadat die militêre diktatorskap beëindig is nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search